MATTEUS 4:24
MATTEUS 4:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En die gerug aangaande Hom is versprei oor die hele Sírië; en hulle het na Hom gebring almal wat ongesteld was, wat gekwel was deur allerhande siektes en pyne en wat van duiwels besete was, en maansiekes en verlamdes; en Hy het hulle gesond gemaak.
MATTEUS 4:24 Bybel vir almal (ABA)
Al die mense in die provinsie Sirië het gehoor wat Jesus gedoen het. Toe het hulle al die siek mense, mense met verskillende soorte pyne, na Hom toe gebring. Daar was ook duiwels in party van die mense, party mense het epileptiese aanvalle gekry, en party mense was verlam. Jesus het hulle gesond gemaak.
MATTEUS 4:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.
MATTEUS 4:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die nuus oor Hom het deur die hele Sirië versprei. Hulle het almal wat ongesteld was, dié wat deur allerlei siektes en pyne geteister is, na Hom gebring, ook almal wat deur demone besete en maansiek was, en verlamdes – en Hy het hulle genees.
MATTEUS 4:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy roem het deur die hele Sirië gegaan, en hulle het al die siekes na hom gebring wat deur allerhande siektes en pynigings geneem is, en die wat van duiwels besete was, en die wat kranksinniges en die wat verlam was; en Hy het hulle gesond gemaak.
MATTEUS 4:24 Die Boodskap (DB)
Jesus was gou-gou groot nuus. Kort voor lank het omtrent almal in die provinsie Sirië van Hom geweet omdat Hy sulke groot wonderwerke gedoen het. Mense het hulle siekes na Hom toe gebring. Duiwelbesetenes, verstandelik versteurdes en verlamdes - almal wat na Jesus toe gebring is, het Hy gesond gemaak.
MATTEUS 4:24 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Kort voor lank het die nuus oor Hom oor die hele provinsie van Sirië versprei. Die mense het almal wat siek was na Hom toe gebring: dié wat geteister was deur allerhande siektes en pyne, dié in wie daar bose geeste was, epileptici, verlamdes – en Hy het hulle gesond gemaak.