MATTEUS 4:18 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 4:18 AFR83 (Afrikaans 1983)
Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep.
MATTEUS 4:18 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
MATTEUS 4:18 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Op ’n dag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers, Simon, ook bekend as Petrus, en sy broer Andreas. Hulle was besig om nette in die see uit te gooi. Hulle was vissers van beroep.
MATTEUS 4:18 DB (Die Boodskap)
Eendag het Jesus by die See van Galilea gaan stap. Hy kom toe af op twee broers, Simon en Andreas. (Simon is later Petrus genoem.) Hulle twee was vissermanne. Hulle was juis besig om hulle nette in die see te gooi toe Jesus vir hulle sê
MATTEUS 4:18 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy sien toe twee broers, Simon en Andreas. Simon se ander naam was Petrus. Hulle was vissermanne en hulle het hulle visnet in die see gegooi.
MATTEUS 4:18 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy twee broers gesien, Simon, wat •Petrus genoem word, en Andreas, sy broer. Hulle was besig om 'n treknet in die see uit te gooi, want hulle was vissers.
MATTEUS 4:18 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En Jesus, wat by die see van Galilea loop, sien twee broers, Simon wat Petrus genoem word, en Andreas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi, want hulle was vissers.