MATTEUS 4:18
MATTEUS 4:18 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het langs die See van Galilea geloop. Hy sien toe twee broers, Simon en Andreas. Simon se ander naam was Petrus. Hulle was vissermanne en hulle het hulle visnet in die see gegooi.
MATTEUS 4:18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl Jesus langs die see van Galiléa loop, sien Hy twee broers, Simon wat genoem word Petrus, en Andréas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi; want hulle was vissers.
MATTEUS 4:18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep.
MATTEUS 4:18 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl Jesus langs die See van Galilea loop, het Hy twee broers gesien, Simon, wat •Petrus genoem word, en Andreas, sy broer. Hulle was besig om 'n treknet in die see uit te gooi, want hulle was vissers.
MATTEUS 4:18 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus, wat by die see van Galilea loop, sien twee broers, Simon wat Petrus genoem word, en Andreas, sy broer, besig om 'n net in die see uit te gooi, want hulle was vissers.