MATTEUS 4:16
MATTEUS 4:16 Bybel vir almal (ABA)
Julle is die volk wat in die donker lewe, maar julle het 'n groot lig gesien. Julle wat woon in die skaduwee van die dood, julle het gesien dit word lig.”
MATTEUS 4:16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
die volk wat in duisternis sit, het 'n groot lig gesien, en die wat sit in die land en skaduwee van die dood, vir hulle het 'n lig opgegaan.
MATTEUS 4:16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die volk wat in duisternis woon, het 'n groot lig gesien; hulle wat in die skemerland van die dood lewe, vir hulle het die lig opgegaan.”
MATTEUS 4:16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die volk wat in duisternis woon het 'n groot lig gesien; vir hulle wat in die gebied en die skadu van die dood leef, het 'n lig opgegaan.”
MATTEUS 4:16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die volk wat in die duisternis gesit het, het groot lig gesien; en vir die wat in die streek en doodskaduwee sit, het lig opgegaan.