MATTEUS 3:9
MATTEUS 3:9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
En moet tog nie julleself mislei nie met die gedagte: ‘Ons is veilig. Ons is mos die nageslag van Abraham.’ Weet verseker, God kan selfs die klippe wat hier rondlê in kinders van Abraham verander.
MATTEUS 3:9 Bybel vir almal (ABA)
Julle sê vir mekaar: ‘Ons is kinders van Abraham,’ en julle dink dáárom sal God julle nie straf nie. Maar Ek sê vir julle: God kan van hierdie klippe kinders vir Abraham maak.
MATTEUS 3:9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En moenie dink om by julleself te sê: ons het Abraham as vader nie; want ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
MATTEUS 3:9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle moet julle nie verbeel dat julle by julleself kan sê: ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie. Dit sê ek vir julle: God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek.
MATTEUS 3:9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En moenie eers oorweeg om by julleself te sê, ‘Ons het Abraham as voorvader’ nie, want ek sê vir julle, God kan uit hierdie klippe kinders vir Abraham verwek.
MATTEUS 3:9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En moenie dink om by julleself te sê: Ons het Abraham vir ons vader nie, want Ek sê vir julle dat God mag het om uit hierdie klippe kinders vir Abraham op te wek.
MATTEUS 3:9 Die Boodskap (DB)
Moenie julleself bluf deur te sê Abraham is julle pa nie. Dit tel nie by God nie. Hy trek nie mense voor wat uit Abraham se nageslag kom nie. As sulke dinge vir God belangrik was, kon Hy mos die klippe wat hier rondlê in ’n oogwink in kinders van Abraham verander het.