MATTEUS 3:10
MATTEUS 3:10 Die Boodskap (DB)
“Ek sê weer vir julle: God se oordeel is voor die deur. Hy is op pad na julle toe soos ’n houtkapper met sy byl in die hand. Hy gaan elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, uitkap en in die vuur van die hel gooi.”
MATTEUS 3:10 Bybel vir almal (ABA)
God het al klaar begin om te oordeel. Dit is soos wanneer iemand met 'n byl elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, afkap en in die vuur gooi.
MATTEUS 3:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar die byl lê ook al teen die wortel van die bome. Elke boom wat geen goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 3:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die byl lê klaar teen die wortel van die bome. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 3:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die byl lê reeds teen die wortel van die boom. Elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, word uitgekap en in die vuur gegooi.
MATTEUS 3:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nou word ook die byl teen die wortel van die bome gelê; daarom word elke boom wat nie goeie vrugte dra nie, afgekap en in die vuur gegooi.