MATTEUS 3:1-2
MATTEUS 3:1-2 Bybel vir almal (ABA)
In daardie tyd het Johannes die Doper na die woestyn van Judea gekom en daar gepreek. Hy het gesê: “Julle moet verander en lewe soos God wil hê, want God wat in die hemel is, is Koning oor almal, en van nou af sal almal dit weet.”
MATTEUS 3:1-2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
IN daardie dae het Johannes die Doper opgetree en in die woestyn van Judéa gepreek en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.
MATTEUS 3:1-2 Afrikaans 1983 (AFR83)
In daardie tyd het Johannes die Doper in die woestyn van Judea begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”
MATTEUS 3:1-2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In daardie tyd het Johannes die Doper in die openbaar begin optree en in die woestyn van Judea verkondig: “Bekeer julle, want die •koninkryk van die hemele is op hande.”
MATTEUS 3:1-2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
In daardie dae het Johannes die Doper gekom en in die woestyn van Judéa gepreek, en gesê: Bekeer julle, want die koninkryk van die hemele het naby gekom.