MATTEUS 28:7
MATTEUS 28:7 Bybel vir almal (ABA)
Gaan gou en sê vir sy dissipels Hy lewe weer. Dit is wat sal gebeur: Jesus gaan voor julle na Galilea, en julle moet ook gaan. Julle sal Hom daar sien. Dit is wat ek vir julle moes kom sê.”
MATTEUS 28:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en gaan haastig, sê vir sy dissipels: Hy het opgestaan uit die dode en gaan voor julle uit na Galiléa. Daar sal julle Hom sien. Kyk, ek het julle dit gesê.
MATTEUS 28:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Gaan gou en sê vir sy dissipels: ‘Hy is uit die dood opgewek, en Hy gaan julle vooruit na Galilea toe. Daar sal julle Hom sien.’ Dit is wat ek vir julle moes sê.”
MATTEUS 28:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en haas julle en gaan sê vir sy dissipels, ‘Hy is opgewek uit die dood! Kyk, Hy gaan voor julle uit na Galilea – daar sal julle Hom sien. Dit het ek vir julle gesê.’ ”
MATTEUS 28:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En gaan gou en sê vir sy dissipels dat Hy uit die dood opgestaan het; en kyk, Hy gaan voor julle uit na Galiléa; daar sal julle Hom sien; kyk, Ek het dit vir julle gesê.