MATTEUS 28:2-3
MATTEUS 28:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Skielik was daar 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het afgekom uit die hemel. Hy het na die graf gegaan, die klip weggerol en op die klip gaan sit. Hy het geblink soos weerlig en sy klere was so wit soos sneeu.
MATTEUS 28:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En daar kom 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan sit. En sy gedaante was soos weerlig en sy kleding wit soos sneeu.
MATTEUS 28:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Skielik was daar 'n geweldige aardbewing. 'n Engel van die Here het van die hemel af gekom, na die graf toe gegaan, die klip weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was so blink soos weerlig en sy klere so wit soos sneeu.
MATTEUS 28:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Skielik was daar 'n groot aardbewing, want 'n engel van die Here het uit die hemel neergedaal, nader gegaan, die steen weggerol en daarop gaan sit. Sy voorkoms was soos weerlig en sy klere wit soos sneeu.
MATTEUS 28:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En kyk, daar was 'n groot aardbewing, want die engel van die Here het uit die hemel neergedaal en gekom en die klip van die deur af weggerol en daarop gaan sit. Sy aangesig was soos weerlig, en sy klere wit soos sneeu.
MATTEUS 28:2-4 Die Boodskap (DB)
Hulle was net by die graf toe die aarde skielik begin bewe. Verskrik kyk hulle op en sien ’n engel van die Here uit die hemel na hulle toe kom. Hy rol toe die groot klip voor die graf weg en gaan sit daarop. Toe die wagte hom sien, het hulle hulle byna doodgeskrik. Soos iemand wat flou word, slaan hulle neer, veral toe hulle die engel se gesig sien. Dit het gelyk of daar weerligstrale uitkom, so het dit gestraal. Sy klere was skitterend blink.