MATTEUS 28:16-17
MATTEUS 28:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Die elf dissipels het na Galilea gegaan, Jesus het gesê hulle moet daar na 'n berg gaan. Toe hulle vir Jesus sien, het hulle voor Hom gekniel en Hom aanbid. Hulle het dit gedoen, maar hulle was nie heeltemal seker dat dit Jesus was nie.
MATTEUS 28:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN die elf dissipels het na Galiléa gegaan, na die berg waar Jesus hulle bestel het. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid; maar sommige het getwyfel.
MATTEUS 28:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die elf dissipels het na Galilea toe gegaan na die berg waarheen Jesus hulle beveel het om te gaan. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, hoewel party getwyfel het.
MATTEUS 28:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die elf dissipels het na Galilea gegaan, na die berg waarheen Jesus hulle ontbied het. Toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel.
MATTEUS 28:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het die elf dissipels weggegaan na Galilea, na die berg waar Jesus hulle aangestel het. En toe hulle Hom sien, het hulle Hom aanbid, maar sommige het getwyfel.
MATTEUS 28:16-17 Die Boodskap (DB)
Die elf dissipels is van Jerusalem af terug Galilea toe. Daar het hulle Jesus op die berg gaan soek, soos Hy gevra het. Hulle het Hom ook daar gekry. Party het nog maar baie onseker gevoel oor alles wat gebeur het. Tog het hulle Hom geloof en aanbid.