MATTEUS 25:14-15 - Compare All Versions
MATTEUS 25:14-15 ABA (Bybel vir almal)
Jesus het ook gesê: “Wanneer God Koning is, dan is dit soos wanneer 'n man 'n tyd lank weggegaan het van sy huis. Hy het sy slawe geroep en gesê hulle moet al sy goed oppas. Hy het vir die een slaaf vyf talente gegee, vir 'n ander slaaf het hy twee talente gegee, en vir die derde slaaf een talent. Hy het besluit met hoeveel geld elke slaaf kon werk. Toe het hy weggegaan.
MATTEUS 25:14-15 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
WANT dit is soos 'n man wat op reis wou gaan en sy diensknegte roep en aan hulle sy besittings toevertrou. En aan die een gee hy vyf talente en aan die ander twee en aan die ander een, aan elkeen na sy vermoë; en hy het dadelik op reis gegaan.
MATTEUS 25:14-15 AFR83 (Afrikaans 1983)
“Verder gaan dit soos met 'n man wat op reis wou gaan. Hy het sy slawe bymekaargeroep en sy besittings aan hulle toevertrou. Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.
MATTEUS 25:14-15 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
“Want dit is net soos 'n man wat op reis gaan en sy slawe roep en sy besittings aan hulle toevertrou. Vir een het hy vyf talent gegee, vir 'n ander een twee, en vir nog 'n ander, een – vir elkeen volgens eie vermoë. Daarop het hy vertrek. Onmiddellik
MATTEUS 25:14-15 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Want die koninkryk van die hemele is soos 'n man wat na 'n ver land reis, wat sy eie dienaars geroep en sy goed aan hulle oorgegee het. En aan die een het hy vyf talente gegee, aan 'n ander twee en aan 'n ander een; aan elkeen volgens sy verskillende vermoëns; en dadelik sy reis geneem.
MATTEUS 25:14-15 DB (Die Boodskap)
“Daar is nog ’n ander verhaal ook waaruit julle iets oor die koninkryk van God kan leer. ’n Ryk man moes vir ’n lang tyd weggaan. Hy roep toe al sy werkers bymekaar. ‘Julle moet asseblief na my goed kyk terwyl ek weg is,’ sê hy en deel sy goed onder hulle uit. Aan die een het hy vyf bondels geld gegee; aan die ander een twee, en aan nog een net een bondel. Hy het hulle goed geken en geweet wat om vir elkeen te gee. Daarna is die ryk man daar weg.
MATTEUS 25:14-15 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Verder is God se koningsheerskappy soos iemand wat op reis wou gaan. Hy roep toe sy slawe bymekaar en vertrou sy geld aan hulle toe om daarmee te woeker terwyl hy weg is. Vir die eerste slaaf het hy vyf kosbare goue muntstukke gegee, vir die tweede slaaf twee, en vir die derde slaaf een – vir elkeen volgens sy spesifieke bekwaamheid – en toe het hy vertrek. Dadelik