MATTEUS 24:6-7
MATTEUS 24:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Julle sal hoor daar is oorlog, naby julle of ver van julle. Pasop, julle moenie skrik wanneer julle dit hoor nie. Hierdie dinge moet gebeur, maar dit is dan nog nie die einde van alles nie. Die een volk sal teen die ander volk oorlog maak, die mense van een land sal teen die mense van 'n ander land veg. Mense sal min kos hê om te eet. Daar sal ook aardbewings op baie plekke wees.
MATTEUS 24:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar dit is nog nie die einde nie. Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
MATTEUS 24:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Julle sal die rumoer van oorloë en gerugte van oorloë hoor. Pas op, moenie verskrik word nie. Dit moet kom, maar dit is nog nie die einde nie. Die een nasie sal teen die ander te staan kom en die een koninkryk teen die ander; daar sal op baie plekke hongersnode en aardbewings wees.
MATTEUS 24:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pasop, moenie verskrik raak nie. Want hierdie dinge moet gebeur, maar dit is nog nie die einde nie. Een nasie sal immers teen 'n ander nasie optrek en een koninkryk teen 'n ander koninkryk, en daar sal hongersnood wees en aardbewings op een plek ná die ander.
MATTEUS 24:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë; pas op dat julle nie verskrik word nie, want al hierdie dinge moet gebeur, maar die einde is nog nie. Want nasie sal teen nasie opstaan en koninkryk teen koninkryk, en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.
MATTEUS 24:6-7 Die Boodskap (DB)
“Aan mense wat mekaar wil uitwis, sal daar ook nie ’n einde kom nie. Julle sal nie net die nuus kry van die mense wat oorlog maak nie. Dit sal so naby aan julle kom dat julle die mense self sal kan hoor veg. Moenie dan paniekerig word nie. Hierdie dinge gaan gebeur, maar dit is nog nie die teken dat die einde daar is nie. Nasies sal mekaar met geweld probeer oorheers en die een heerser sal van die ander heerser ontslae probeer raak. Soos vroeër sal daar ook tye wees dat kos baie skaars gaan raak en op baie plekke sal daar aardbewings wees.
MATTEUS 24:6-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle sal van oorloë hoor, hier naby en daar ver. Maar moenie paniekerig word nie. Hierdie dinge is bestem om te gebeur, maar die einde sal nog nie dadelik daarna kom nie. Nasies en koninkryke sal teen mekaar oorlog verklaar en daar sal wydverspreide hongersnode en aardbewings wees.