MATTEUS 24:3
MATTEUS 24:3 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het op die Olyf-berg gaan sit. Die dissipels het toe na Hom toe gekom, en hulle was alleen. Hulle het vir Hom gevra: “Sê vir ons: Wanneer sal hierdie dinge gebeur waarvan U gepraat het? Watter teken sal vir ons wys dat U sal kom en wanneer dit die einde van die wêreld sal wees?”
MATTEUS 24:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld?
MATTEUS 24:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Nadat Jesus op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom toe en vra: “Sê vir ons, wanneer sal hierdie dinge gebeur en wat sal die teken van u koms en van die einde van hierdie wêreld wees?”
MATTEUS 24:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl Jesus op die Olyfberg gesit het, het die dissipels na Hom gekom en Hom eenkant gevra. “Sê vir ons,” het hulle gevra, “wanneer sal hierdie dinge plaasvind, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die tyd? ”
MATTEUS 24:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl Hy op die Olyfberg gaan sit het, kom die dissipels alleen na Hom en sê: Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees? en wat sal die teken wees van u koms en van die voleinding van die wêreld?