MATTEUS 21:42
MATTEUS 21:42 Bybel vir almal (ABA)
Toe sê Jesus vir hulle: “Het julle hierdie woorde in die Ou Testament gelees: “ Die klip wat die bouers nie wou gebruik nie, daardie klip het die belangrikste klip in die hele gebou geword. Dit is die Here se werk, en dit is vir ons wonderlik?
MATTEUS 21:42 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Jesus sê vir hulle: Het julle nooit in die Skrifte gelees nie: Die steen wat die bouers verwerp het, dit het 'n hoeksteen geword. Hy het van die Here gekom en is wonderbaar in ons oë?
MATTEUS 21:42 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jesus vir hulle: “Julle het tog al in die Skrif gelees: “Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy het die belangrikste klip in die gebou geword. Dit is deur die Here gedoen en is 'n wonder in ons oë.