MATTEUS 21:30
MATTEUS 21:30 Bybel vir almal (ABA)
Die man het daarna na die tweede seun toe gegaan en dieselfde vir hom gesê. Die seun het geantwoord: ‘Pa, ek sal gaan.’ Maar hy het nie gegaan nie.”
MATTEUS 21:30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe het hy na die tweede gegaan en vir hom net so gesê; en hy antwoord en sê: Ja, heer. En hy het nie gegaan nie.
MATTEUS 21:30 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die man het toe na die ander seun toe gegaan en vir hom dieselfde gesê. Hy het geantwoord: ‘Goed, Pa,’ maar hy het nie gegaan nie.
MATTEUS 21:30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die man het toe na die ander kind gegaan en dieselfde gesê. Hy het geantwoord, ‘Ek sal, heer,’ maar hy het nie gegaan nie.
MATTEUS 21:30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy het by die tweede gekom en net so gesê. En hy antwoord en sê: Ek gaan, meneer, en het nie gegaan nie.