MATTEUS 21:14-16 - Compare All Versions

MATTEUS 21:14-16 ABA (Bybel vir almal)

Blindes en kreupeles het na Jesus toe gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak. Die priesterleiers en die skrifgeleerdes het die wonderlike dinge gesien wat Jesus gedoen het en hulle het gehoor hoe die kinders op die tempel-gronde hard skree en sê: “Prys die Seun van Dawid!” Toe het die priesterleiers en skrifgeleerdes kwaad geword en hulle het vir Jesus gesê: “Hoor jy wat die kinders sê?” Jesus sê toe vir hulle: “Ja. Julle kan dit lees: ‘ U laat klein kindertjies oor u krag sing.’ ”

MATTEUS 21:14-16 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En daar het blindes en kreupeles na Hom gekom in die tempel, en Hy het hulle gesond gemaak. En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderwerke sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel uitroep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! was hulle verontwaardig en sê vir Hom: Hoor U wat hulle daar sê? En Jesus antwoord hulle: Ja, het julle nooit gelees: Uit die mond van kinders en suigelinge het U vir U lof berei nie?

MATTEUS 21:14-16 AFR83 (Afrikaans 1983)

Blindes en kreupeles het daar in die tempel na Hom toe gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Maar toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat in die tempel aanhou uitroep: “Prys die Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig. Hulle sê toe vir Hom: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” antwoord Jesus. “Het julle nooit gelees nie: U het daarvoor gesorg dat kinders en suigelinge u lof sing ?”

MATTEUS 21:14-16 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Blindes en verlamdes het daar op die tempelterrein na Hom gekom, en Hy het hulle gesond gemaak. Toe die leierpriesters en skrifkenners die wonderbaarlike dinge sien wat Hy doen, en ook die kinders wat op die tempelterrein uitroep, “Hosanna vir die •Seun van Dawid!” was hulle verontwaardig en het vir Hom gesê: “Hoor jy wat sê hierdie kinders?” Maar Jesus antwoord hulle: “Ja, het julle nog nooit gelees nie, ‘Uit die mond van kleuters en suigelinge het U lof vir U laat opklink’?”

MATTEUS 21:14-16 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En blindes en kreupeles het na hom gekom in die tempel; en Hy het hulle gesond gemaak. En toe die owerpriesters en skrifgeleerdes die wonderlike dinge sien wat Hy gedoen het, en die kinders wat in die tempel roep en sê: Hosanna vir die Seun van Dawid! hulle was baie ontevrede, En hy sê vir hom: Hoor jy wat hulle sê? En Jesus sê vir hulle: Ja; Het julle nooit gelees nie: Uit die mond van suigelinge en suigelinge het U lof volbring?

MATTEUS 21:14-16 DB (Die Boodskap)

Op die tempelplein was daar nou weer plek vir die blindes en lammes. Hulle het na Jesus toe gestroom en Hy het hulle gesond gemaak. Die Joodse godsdienstige leiers het Jesus natuurlik soos valke dopgehou. Niks het hulle oë ontglip nie. Hulle het gesien hoe wonderlik Jesus die mense help. Hulle het ook gehoor hoe die kinders op die plein rondhardloop en skreeu: “Hoera, koning Dawid se Seun is hier!” Dit alles het hulle baie omgekrap. Hulle konfronteer Jesus toe: “Hoor jy wat skreeu hierdie kinders oor jou?” “Ja,” sê Jesus. “Het julle dan nog nooit geleer nie: as kinders, wat nog nie eens behoorlik kan loop nie, iemand loof, verdien hy regtig daardie lof.”

MATTEUS 21:14-16 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Blinde en verlamde mense het daar op die tempelterrein na Hom toe gekom en Hy het hulle gesond gemaak. Maar toe die hoofpriesters en die skrifkenners die merkwaardige dinge sien wat Hy doen en hoor hoe selfs die kinders in die tempel uitroep: “Prys God vir die Seun van Dawid,” was hulle bitterlik ontsteld en het vir Jesus gesê: “Hoor jy wat sê hulle daar?” “Ja,” was Jesus se antwoord. “Het julle nog nooit in die Skrif gelees: ‘U het kinders en babatjies geleer om u lof te besing’ nie?”