MATTEUS 20:19 - Compare All Versions

MATTEUS 20:19 ABA (Bybel vir almal)

Dan sal hulle My vir die heidene gee, en die heidene sal My spot en My met 'n sweep slaan en My kruisig. Maar op die derde dag sal God My weer laat lewe.”

MATTEUS 20:19 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en Hom oorlewer aan die heidene om Hom te bespot en te gésel en te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.

MATTEUS 20:19 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle sal Hom uitlewer aan die heidene, wat Hom sal bespot en gesel en kruisig. En op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.”

MATTEUS 20:19 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

en Hom aan die heidene oorlewer om Hom te bespot, te gesel en te kruisig; maar op die derde dag sal Hy opgewek word. ”

MATTEUS 20:19 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

en Hy sal Hom aan die heidene oorgee om te spot en te gésel en om Hom te kruisig; en op die derde dag sal Hy opstaan.

MATTEUS 20:19 DB (Die Boodskap)

Dan sal hulle My oorgee aan die Romeine. Hierdie spul sal My daar voor almal spot en beledig en My slaan. Uiteindelik sal hulle My kruisig. Maar moenie bekommerd wees nie. Ek sal op die derde dag weer deur God lewendig gemaak word.”

MATTEUS 20:19 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

En hulle sal My uitlewer aan die Romeine om gespot en gegésel en gekruisig te word. Maar op die derde dag sal Ek uit die dood opgewek word.”