Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 2:7 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 2:7 AFR83 (Afrikaans 1983)

Daarna het Herodes die sterrekykers in die geheim ontbied en noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster verskyn het.

MATTEUS 2:7 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het Herodes die wyse manne in die geheim geroep en hulle na die tyd van die ster se verskyning uitgevra

MATTEUS 2:7 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Daarop het Herodes ’n geheime boodskap na die sterrekundiges gestuur om hulle na hom te ontbied. Hy het toe noukeurig by hulle vasgestel wanneer die ster oorspronklik verskyn het.

MATTEUS 2:7 DB (Die Boodskap)

Herodes het toe ’n geheime ontmoeting met die sterrekenners uit die ooste gereël. Hy het vir hulle gevra wanneer hulle die ster vir die eerste keer gesien het.

MATTEUS 2:7 ABA (Bybel vir almal)

Toe het koning Herodes die sterrekykers laat roep. Hy het gesê hulle moet na hom toe kom maar hulle moet vir niemand daarvan sê nie. Hy het lank met hulle gepraat om presies uit te vind wanneer hulle die eerste maal die ster gesien het.

MATTEUS 2:7 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarop het Herodes die sterrekenners in die geheim ontbied, noukeurig by hulle navraag gedoen oor wanneer die ster verskyn het

MATTEUS 2:7 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe Herodes, toe hy die wyse manne in die geheim geroep het, ywerig by hulle gevra het hoe laat die ster verskyn het.