MATTEUS 2:4 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 2:4 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hy het toe die priesterhoofde en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar geroep en hulle uitgevra oor waar die Christus gebore sou word.
MATTEUS 2:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
en hy het al die owerpriesters en die skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom en by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.
MATTEUS 2:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hy roep toe al die priesterhoofde en skrifkenners bymekaar en hoor by hulle waar die Messias gebore sou word. Hulle het hom geantwoord
MATTEUS 2:4 DB (Die Boodskap)
Daarom het hy gou al die godsdienstige leiers en die skrifkenners van die volk byeengeroep. Hy wou by hulle weet presies waar die Messias, God se Gestuurde, gebore sou word.
MATTEUS 2:4 ABA (Bybel vir almal)
Koning Herodes het die priesterleiers geroep en ook die skrifgeleerdes. Hulle het 'n vergadering gehou, en koning Herodes het baie vrae vir hulle gevra. Hy wou weet waar die Christus gebore sal word.
MATTEUS 2:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
En nadat hy al die leierpriesters en skrifkenners uit die volk bymekaargeroep het, het hy by hulle navraag gedoen waar die Christus gebore sou word.
MATTEUS 2:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy al die owerpriesters en skrifgeleerdes van die volk bymekaar laat kom het, het Hy van hulle gevra waar Christus gebore sou word.