Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 2:2-3 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 2:2-3 AFR83 (Afrikaans 1983)

en gevra: “Waar is Hy wat as koning van die Jode gebore is? Ons het sy ster sien opkom en ons het gekom om aan Hom hulde te bewys.” Toe koning Herodes hiervan hoor, was hy, en die hele Jerusalem saam met hom, hewig ontsteld.

MATTEUS 2:2-3 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

en gesê: Waar is die Koning van die Jode, wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien en gekom om Hom hulde te bewys. En toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld en die hele Jerusalem saam met hom

MATTEUS 2:2-3 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

“Waar is die pasgebore Koning van die Jode? Ons het sy ster sien verskyn en gekom om Hom te aanbid.” Toe koning Herodes hiervan hoor, het dit hom hewig ontstel; so ook die hele Jerusalem.

MATTEUS 2:2-3 DB (Die Boodskap)

Hulle het oral in Jerusalem begin rondvra waar hulle die ware koning van die Jode kon vind. “Ons het ’n ster in die ooste gesien. Dit is die bewys dat ’n baie belangrike koning hier in julle land gebore is. Daarom het ons hierheen gekom om aan hom eer te kom bewys.” Kort voor lank het Herodes ook van die geleerdes uit die ooste se storie te hore gekom. Hy was baie omgekrap oor wat hulle oor die nuwe Joodse koning gesê het. So ook die res van Jerusalem.

MATTEUS 2:2-3 ABA (Bybel vir almal)

Hulle het vir die mense gevra: “Waar is die Kind wat gebore is en wat koning van die Jode sal word? Ons het sy ster gesien opkom en ons het gekom om voor Hom te kniel en Hom te aanbid.” Toe koning Herodes dit hoor, was hy en al die mense in Jerusalem baie geskok en bekommerd.

MATTEUS 2:2-3 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het gevra: “Waar is die koning van die Jode wat gebore is? Want ons het sy ster in die Ooste gesien, en ons het gekom om eer aan Hom te bewys.” Toe koning Herodes dit hoor, was hy ontsteld, en die hele Jerusalem saam met hom.

MATTEUS 2:2-3 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

en gesê: Waar is hy wat as Koning van die Jode gebore is? want ons het sy ster in die ooste gesien en gekom om hom te aanbid. Toe koning Herodes hierdie dinge hoor, was hy ontsteld, en die hele Jerusalem saam met hom.