MATTEUS 19:3
MATTEUS 19:3 Bybel vir almal (ABA)
Daar het Fariseërs na Jesus toe gekom. Hulle wou hê Jesus moes iets sê wat vir Hom probleme kan gee. Hulle het vir Hom gevra: “Mag 'n man skei van sy vrou as hy dink sy het iets verkeerd gedoen, dit maak nie saak wat dit is nie?”
MATTEUS 19:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe kom die Fariseërs na Hom om Hom te versoek, en sê vir Hom: Is dit 'n man geoorloof om oor allerhande redes van sy vrou te skei?
MATTEUS 19:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar was Fariseërs wat Hom op die proef wou stel, en hulle kom toe by Hom met die vraag: “Mag 'n man sommer oor enige ding van sy vrou skei?”
MATTEUS 19:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •Fariseërs het na Hom gekom, en om Hom te toets, gevra: “Is dit toelaatbaar dat 'n man om enige rede van sy vrou skei?”
MATTEUS 19:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Die Fariseërs het ook na Hom gekom en Hom versoek en vir Hom gesê: Is dit vir 'n man geoorloof om van sy vrou te skei om enige rede?