MATTEUS 19:18-19
MATTEUS 19:18-19 Bybel vir almal (ABA)
Die man sê toe: “Watter wette?” Jesus het vir hom gesê: “ Jy mag nie iemand doodmaak nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie oor ander mense lieg nie, jy moet jou ouers respekteer,” en “ jy moet lief wees vir jou naaste soos jy lief is vir jouself.”
MATTEUS 19:18-19 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy vra Hom: Watter? En Jesus sê — dit: Jy mag nie doodslaan nie, jy mag nie egbreek nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie; eer jou vader en moeder; en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
MATTEUS 19:18-19 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Watter gebooie bedoel u?” het hy vir Hom gevra. Jesus het gesê: “Dit: Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuienis aflê nie, eer jou vader en jou moeder en: jy moet jou naaste liefhê soos jouself. ”
MATTEUS 19:18-19 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy vra Hom: “Watter?” Jesus antwoord: “Jy mag nie moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag nie vals getuig nie, eer jou vader en jou moeder,” en “jy moet jou naaste liefhê soos jouself. ”
MATTEUS 19:18-19 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sê vir hom: Watter? Jesus het gesê: Jy mag geen moord pleeg nie, jy mag nie egbreuk pleeg nie, jy mag nie steel nie, jy mag geen valse getuienis gee nie, Eer jou vader en jou moeder, en: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.
MATTEUS 19:18-19 Die Boodskap (DB)
“Watter voorskrifte?” het die man gevra. “Die volgende,” antwoord Jesus. “Jy mag nie moord pleeg nie; jy mag nie met iemand buite jou huwelik ’n seksuele verhouding hê nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie leuens vertel nie; jy moet respek vir jou pa en ma hê; en jy moet net soveel vir jou medemens omgee as vir jouself.”
MATTEUS 19:18-19 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy vra vir Jesus: “Watter gebooie?” Jesus het geantwoord: “‘Jy mag nie moord pleeg nie. Jy mag nie ontrou wees in jou huwelik nie; jy mag nie steel nie; jy mag nie onwaar getuienis aflê nie; respekteer jou pa en ma; jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’”