MATTEUS 19:12
MATTEUS 19:12 Bybel vir almal (ABA)
Daar is mans wat nie kan trou nie omdat hulle so gebore is. Daar is ook mans wat nie kan trou nie omdat ander mense hulle ontman het. En daar is mans wat nie trou nie sodat hulle kan doen wat God wil hê, God, die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat dit kan verstaan, moet dit doen.”
MATTEUS 19:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want daar is persone wat onbekwaam is om te trou, wat van die moederskoot af so gebore is, en daar is persone wat deur die mense onbekwaam gemaak is, en daar is persone wat hulleself onbekwaam gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan vat, laat hom dit vat.
MATTEUS 19:12 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar is mense wat nie kan trou nie omdat hulle van hulle geboorte af so is, ander is deur mense so gemaak, en ander het self so gekies ter wille van die koninkryk van die hemel. “Wie dit kan doen, laat hy dit doen.”
MATTEUS 19:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Daar is inderdaad eunugs wat so gebore is, daar is eunugs wat deur mense so gemaak is, en daar is eunugs wat hulleself so gemaak het ter wille van die •koninkryk van die hemele. Laat enigeen wat kan, dit begryp.”
MATTEUS 19:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want daar is sommige eunugs wat so uit die skoot van hul moeder gebore is, en daar is sommige eunugs wat eunugs van mense gemaak is, en daar is eunugs wat hulself eunug gemaak het ter wille van die koninkryk van die hemele. Wie dit kan ontvang, laat hom dit ontvang.
MATTEUS 19:12 Die Boodskap (DB)
Daar is byvoorbeeld mense wat nie in staat is om te trou nie omdat hulle weens aangebore liggaamlike gebreke nie hulle normale seksuele funksies kan vervul nie. Daar is ook mans wat ontman is en nie in staat is om kinders te hê nie. En dan is daar ook mense wat self besluit het dat hulle nie wil trou nie sodat hulle al hulle tyd en energie aan God se diens kan wy. As julle egter kans sien om my voorskrifte oor die huwelik uit te voer, trou dan!”