Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 19:1 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 19:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy uit Galilea vertrek en in die gebied van Judea anderkant die Jordaan gekom.

MATTEUS 19:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN toe Jesus hierdie woorde geëindig het, het Hy van Galiléa vertrek en in die gebied van Judéa oorkant die Jordaan gekom.

MATTEUS 19:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Nadat Jesus klaar gepraat het, het Hy van Galilea vertrek en in Perea aangekom. Hierdie gebied het aan Judea gegrens, maar was aan die oostekant van die Jordaan geleë.

MATTEUS 19:1 DB (Die Boodskap)

Jesus het daarna uit Galilea vertrek. Hy is na Judea toe, daar oorkant die Jordaan.

MATTEUS 19:1 ABA (Bybel vir almal)

Toe Jesus klaar gepraat het, het Hy weggegaan uit die provinsie Galilea. Hy het oor die Jordaan-rivier gegaan en Hy het toe in die provinsie Judea gekom.

MATTEUS 19:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe Jesus sy redevoering voltooi het, het Hy van Galilea af vertrek en na die gebied van Judea oorkant die Jordaan gegaan.

MATTEUS 19:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe Jesus hierdie woorde voltooi het, het Hy van Galiléa af vertrek en in die gebiede van Judéa oorkant die Jordaan gekom