MATTEUS 18:7-9
MATTEUS 18:7-9 Bybel vir almal (ABA)
God sal dit sleg laat gaan met mense wat ander mense laat ophou glo. Daar sal altyd dinge wees wat mense laat ophou glo, maar dit sal sleg gaan met iemand wat ander mense laat ophou glo. As dit jou hand of jou voet is wat jou laat ophou glo, kap dit af en gooi dit weg. Dit is beter om net een hand of een voet te hê en die ewige lewe te kry as om twee hande en twee voete te hê en na die vuur te gaan wat altyd brand. As dit jou oog is wat jou laat ophou glo, ruk dit uit en gooi dit weg. Dit is beter om net een oog te hê en die ewige lewe te kry, as om met twee oë in die hel te brand.”
MATTEUS 18:7-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Wee die wêreld weens die struikelblokke! Want dit is noodsaaklik dat daar struikelblokke kom, maar wee die mens deur wie die struikelblok kom. En as jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit weg van jou af; dit is vir jou beter om in die lewe in te gaan, kreupel of vermink, as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gewerp te word. En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en werp dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om met een oog in die lewe in te gaan, as om twee oë te hê en in die helse vuur gewerp te word.
MATTEUS 18:7-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hoe jammer tog vir die wêreld dat daar dinge is wat die mens afvallig maak! Sulke dinge kom noodwendig, maar wee die mens deur wie dit kom. “As jou hand of jou voet jou van My afvallig maak, kap hom af en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om met altwee jou hande of voete in die ewige vuur gegooi te word. En as jou oog jou van My afvallig maak, ruk hom uit en gooi hom van jou af weg. Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om met altwee oë in die vuur van die hel gegooi te word.”
MATTEUS 18:7-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wee die wêreld as gevolg van die struikelblokke. Struikelblokke sal onvermydelik kom; nogtans, wee die mens deur wie die struikelblok kom. As jou hand of jou voet jou laat struikel, kap dit af en gooi dit van jou weg! Dit is vir jou beter om vermink of kreupel die lewe in te gaan as om twee hande of voete te hê en in die ewige vuur gegooi te word. En as jou oog jou laat struikel, ruk dit uit en gooi dit van jou weg! Dit is vir jou beter om met een oog die lewe in te gaan as om twee oë te hê en in Gehenna met sy vuur gegooi te word.”
MATTEUS 18:7-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wee die wêreld vanweë die oortredings! want dit moet seker wees dat oortredings kom; maar wee daardie man deur wie die oortreding kom! Daarom, as jou hand of jou voet jou aanstoot gee, kap hulle af en gooi hulle van jou af weg; dit is beter vir jou om gestremd of vermink in die lewe in te gaan eerder as om twee hande of twee voete te hê om in die ewige vuur gewerp te word. En as jou oog jou aanstoot gee, ruk dit uit en gooi dit van jou weg; dit is beter vir jou om met een oog in die lewe in te gaan, eerder as om twee oë te hê om in die hel vuur gewerp te word.
MATTEUS 18:7-9 Die Boodskap (DB)
“Dis nou maar een maal so dat daar allerhande sondes en versoekings in hierdie wêreld is. Maar Ek sê vir julle: daar wag groot probleme op almal wat hierdie sondes uitdink. God se oordeel wag op hulle. “Natuurlik is dit nie maklik om te glo nie. Dit is net so swaar soos om een van jou eie ledemate af te kap. Jy moet as’t ware jou hand of jou voet afkap en dit in die asblik gooi as jy agterkom dat jy dinge daarmee doen waarvan God niks hou nie. Leef liewer sonder hande en voete. Leef soos iemand wat lam of kruppel is, al is dit verskriklik swaar. Anders beland jy binnekort in die hel. En wat gaan jy daar met twee gesonde hande en voete maak? “Pluk jou oog uit en gooi dit dadelik weg as jy agterkom dat jy op die verkeerde manier daarmee kyk. Leef eerder met een oog, al is dit baie swaar. Sondige kyke gaan jou in elk geval net in die hel laat beland. En wat help dit jou om in die hel baie goed te kan sien?”
MATTEUS 18:7-9 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Dié wat ander tot ’n val bring, bring ellende in die wêreld! Daar sal noodwendig sulke mense wees, maar God sal die mens straf wat iemand anders tot ’n val bring. “Daarom, as jou hand of jou voet jou laat sondig, kap dit af en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter om vermink of kreupel te lewe as om met al twee jou hande en al twee jou voete in die vuur gegooi te word wat nooit geblus sal word nie. En as jou oog jou laat sonde doen, pluk dit uit en gooi dit weg. Dit is vir jou beter om halfblind in die hemel in te gaan as om met twee oë en al in die hel se vuur gegooi te word.