MATTEUS 18:33 - Compare All Versions

MATTEUS 18:33 ABA (Bybel vir almal)

Jy moes ook jammer gewees het vir die ander amptenaar, soos ek jammer was vir jou.’

MATTEUS 18:33 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?

MATTEUS 18:33 AFR83 (Afrikaans 1983)

Moes jy nie ook jou medeamptenaar jammer gekry het soos ek jou jammer gekry het nie?’

MATTEUS 18:33 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Moes jy nie ook jou medeslaaf begenadig soos ek jou begenadig het nie?’

MATTEUS 18:33 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Moes jy nie ook medelye gehad het met jou mededienskneg, net soos Ek my oor jou ontferm het nie?

MATTEUS 18:33 DB (Die Boodskap)

Moes dit jou nie beweeg het om dieselfde vir daardie ander amptenaar te doen toe hy op sy knieë voor jou kom staan het nie?’

MATTEUS 18:33 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Moes jy jou nie ook oor jou medeamptenaar ontferm het soos ek my oor jou ontferm het nie?’