MATTEUS 18:3-4
MATTEUS 18:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
MATTEUS 18:3-4 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet julle hele lewe verander en soos kinders word. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, God die Koning wat in die hemel is. Elkeen wat soos hierdie kindjie dink hy is nie belangrik nie, hy sal die belangrikste mens wees oor wie God regeer, God wat in die hemel is.
MATTEUS 18:3-4 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie! Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
MATTEUS 18:3-4 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie. Wie homself gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemel.
MATTEUS 18:3-4 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en gesê: “•Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Wie homself dus gering ag soos hierdie kindjie, hy is die belangrikste in die koninkryk van die hemele.
MATTEUS 18:3-4 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie bekeer word en soos kindertjies word nie, sal julle nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie. Elkeen dan wat homself verneder soos hierdie kindjie, hy is die grootste in die koninkryk van die hemele.
MATTEUS 18:3-4 Die Boodskap (DB)
en sê: “Ek gaan julle nou een van die belangrikste lesse van julle hele lewe leer. Kyk, julle moet verander en weer soos hierdie kindertjies word, anders sal julle nooit die binnekant van my Vader se nuwe wêreld sien nie. Kindertjies is nederig. Hulle dink nie te veel van hulleself nie. Hulle het respek vir ander. Julle moet ook so leef. Julle moet julle eie belange tweede stel en ander mense respekteer, dan is julle die belangrikste in God se nuwe wêreld.
MATTEUS 18:3-4 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe sê Hy: “As julle nie met ander oë na die lewe begin kyk en soos die kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van God ingaan nie. “Daarom is elkeen wat so nederig soos hierdie kindjie word die belangrikste in God se koninkryk.