MATTEUS 18:3
MATTEUS 18:3 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir die dissipels gesê: “Ek sê vir julle, en dit is seker: Julle moet julle hele lewe verander en soos kinders word. As julle dit nie doen nie, dan sal julle nie by God kan kom nie, God die Koning wat in die hemel is.
MATTEUS 18:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Hy sê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos die kindertjies word nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemele ingaan nie!
MATTEUS 18:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
en gesê: “Dit verseker Ek julle: As julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemel kom nie.
MATTEUS 18:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en gesê: “•Amen, Ek sê vir julle, as julle nie verander en soos kindertjies word nie, sal julle beslis nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
MATTEUS 18:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
en gesê: Voorwaar Ek sê vir julle, as julle nie bekeer word en soos kindertjies word nie, sal julle nie in die koninkryk van die hemele ingaan nie.
MATTEUS 18:3 Die Boodskap (DB)
en sê: “Ek gaan julle nou een van die belangrikste lesse van julle hele lewe leer. Kyk, julle moet verander en weer soos hierdie kindertjies word, anders sal julle nooit die binnekant van my Vader se nuwe wêreld sien nie. Kindertjies is nederig. Hulle dink nie te veel van hulleself nie. Hulle het respek vir ander.