MATTEUS 18:17
MATTEUS 18:17 Afrikaans 1983 (AFR83)
En as hy na hulle nie luister nie, sê dit vir die gemeente. As hy ook na die gemeente nie luister nie, moet jy hom as 'n heiden en 'n tollenaar behandel.
MATTEUS 18:17 Bybel vir almal (ABA)
Maar as hy ook nie na hulle wil luister nie, dan moet jy dit vir die gemeente sê. En as hy ook nie na die gemeente wil luister nie, dan moet hy vir julle wees soos 'n heiden en 'n tollenaar.
MATTEUS 18:17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En as hy na hulle nie luister nie, sê dit aan die gemeente; en as hy na die gemeente ook nie luister nie, laat hom vir jou wees soos die heiden en die tollenaar.
MATTEUS 18:17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As hy weier om na hulle te luister, sê dit vir die •gemeente. En as hy ook weier om na die gemeente te luister, laat hy vir jou wees soos die heiden en die •tollenaar.
MATTEUS 18:17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En as hy nalaat om na hulle te luister, vertel dit aan die gemeente; maar as hy na die gemeente luister, laat hom vir jou wees soos 'n heiden en 'n tollenaar.
MATTEUS 18:17 Die Boodskap (DB)
Wanneer hy selfs nie na hulle wil luister nie, moet jy maar vir al die ander gelowiges gaan vertel wat gebeur het. As dit uiteindelik ook nie help nie, moet julle hierdie persoon as ’n ongelowige en ’n sondaar beskou. So iemand hoort dan nie meer in die kerk nie.