MATTEUS 18:10
MATTEUS 18:10 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het ook gesê: “Julle moet nooit dink dat een van hierdie kleintjies wat in My glo, nie belangrik is nie. Want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel het wat altyd by my Vader is, my Vader wat in die hemel is.
MATTEUS 18:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele altyd die aangesig sien van my Vader wat in die hemele is.
MATTEUS 18:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Julle moet nooit een van hierdie kleintjies minag nie, want Ek verseker julle dat hulle engele in die hemel gedurigdeur by my hemelse Vader is.
MATTEUS 18:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Pasop dat julle nie neersien op een van hierdie kleintjies nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemele voortdurend die aangesig van my Vader in die hemele aanskou.
MATTEUS 18:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pas op dat julle nie een van hierdie kleintjies verag nie; want Ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die aangesig van my Vader wat in die hemele is, aanskou.