MATTEUS 17:27
MATTEUS 17:27 Bybel vir almal (ABA)
Maar ons wil nie hierdie mense wat die belasting kollekteer, kwaad maak nie. Gaan see toe, en vang die eerste vis wat byt. As jy sy bek oopmaak, dan sal jy 'n silwer geldstuk in sy bek kry. Dit is genoeg om ons altwee se belasting te betaal, neem dit en betaal ons tempel-belasting.”
MATTEUS 17:27 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar dat ons hulle geen aanstoot mag gee nie, gaan na die see toe, gooi 'n hoek uit en neem die eerste vis wat opkom; en as jy sy bek oopmaak, sal jy 'n stater kry; neem dit en gee dit aan hulle vir My en vir jou.
MATTEUS 17:27 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar ons moenie hierdie mense aanstoot gee nie. Gaan see toe en gooi hoek in, en die eerste vis wat byt, moet jy uittrek. As jy sy bek oopmaak, sal jy 'n silwermuntstuk daarin kry. Vat dit en betaal hulle die belasting vir My en vir jou.”
MATTEUS 17:27 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar sodat ons hulle nie aanstoot gee nie, gaan see toe en gooi die hoek in. Vat die eerste vis wat jy uittrek, en as jy sy bek oopmaak, sal jy 'n stater vind. Neem dit en betaal dit aan hulle namens My en jou.”
MATTEUS 17:27 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar dat ons hulle nie laat struikel nie, gaan na die see en gooi 'n hoek uit en neem die vis op wat eerste opkom; en as jy sy mond oopmaak, sal jy 'n geldstuk kry; neem en gee aan hulle vir my en jou.
MATTEUS 17:27 Die Boodskap (DB)
Wel, dan geld dieselfde mos van My. Ek is God se Seun. Daarom hoef Ek nie tempelbelasting te betaal nie. Maar wag, netnou sê die mense lelike dinge oor My. Daarom sal Ek dit liewer maar betaal. “Petrus, gaan gou see toe en gooi jou lyn in. In die eerste vis wat jy vang se bek sal daar genoeg geld wees om ons al twee se tempelbelasting te betaal. Vat dit namens jou en My daar na die belastinggaarders toe.”