MATTEUS 17:25
MATTEUS 17:25 Bybel vir almal (ABA)
Petrus sê toe: “Ja, Hy betaal.” Toe Petrus in die huis inkom, het Jesus met Petrus gepraat voordat Petrus kon praat. Jesus het vir hom gesê: “Simon, wat dink jy? Wie moet vir die konings op die aarde tol en belasting betaal? Moet hulle kinders belasting betaal, of moet die ander mense die belasting betaal?”
MATTEUS 17:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hy antwoord: Ja. En toe hy in die huis inkom, was Jesus hom voor en sê: Wat dink jy, Simon? Van wie neem die konings van die aarde tol of belasting — van hulle seuns of van die vreemdelinge?
MATTEUS 17:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Ja, natuurlik,” antwoord hy. Toe hy in die huis kom, was Jesus hom voor met die vraag: “Simon, hoe dink jy: Van wie vorder die konings van die wêreld tol of belastings in? Van hulle seuns of van ander mense?”
MATTEUS 17:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy antwoord: “Ja, wel.” Toe Petrus in die huis kom, spring Jesus hom voor, en vra: “Wat dink jy, Simon? Van wie vorder die aardse konings hulle tolgeld of belasting in? Van hulle seuns of van •vreemdelinge?”
MATTEUS 17:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hy sê: Ja. En toe hy in die huis kom, het Jesus hom voorgehou en gesê: Wat dink jy, Simon? van wie neem die konings van die aarde tol of belasting? van hulle eie kinders, of van vreemdelinge?
MATTEUS 17:25 Die Boodskap (DB)
“Natuurlik!” het Petrus geantwoord. Toe Petrus daarna in die huis kom, het Jesus hom ingewag met ’n moeilike vraag: “Simon, sê My, van wie vorder ’n koning belasting in: van sy eie kinders, of van al sy onderdane?”
MATTEUS 17:25 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy antwoord toe: “Natuurlik betaal Hy dit!” Toe hy tuiskom om met Jesus daaroor te praat, spring Jesus hom voor en vra: “Petrus, hoe sou jy sê, van wie vorder die konings van hierdie wêreld tolgeld en belastings in – van hulle eie mense of van die buitelanders wat hulle verslaan het?”