MATTEUS 17:24
MATTEUS 17:24 Bybel vir almal (ABA)
Jesus en sy dissipels het in Kapernaum gekom. Die mense wat die tempel-belasting kollekteer, kom toe na Petrus toe en vra vir hom: “Betaal julle meneer tempel-belasting of nie?”
MATTEUS 17:24 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?
MATTEUS 17:24 Afrikaans 1983 (AFR83)
By hulle aankoms in Kapernaum het die amptenare wat die tempelbelasting invorder, na Petrus toe gegaan en gesê: “Wat van julle leermeester? Betaal hy dan nie tempelbelasting nie?”
MATTEUS 17:24 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle in Kapernaum aankom, het diegene wat die dubbeldragme invorder, na •Petrus gekom en gevra: “Betaal julle leermeester nie die dubbeldragme nie?”
MATTEUS 17:24 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle in Kapernaum kom, het die wat belastinggeld ontvang het, na Petrus gekom en gesê: Betaal jou heer nie belasting nie?