MATTEUS 17:24 - Compare All Versions

MATTEUS 17:24 ABA (Bybel vir almal)

Jesus en sy dissipels het in Kapernaum gekom. Die mense wat die tempel-belasting kollekteer, kom toe na Petrus toe en vra vir hom: “Betaal julle meneer tempel-belasting of nie?”

MATTEUS 17:24 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

EN toe hulle in Kapérnaüm kom, het die wat die tempelbelasting ontvang, na Petrus gegaan en gesê: Betaal julle Meester nie die tempelbelasting nie?

MATTEUS 17:24 AFR83 (Afrikaans 1983)

By hulle aankoms in Kapernaum het die amptenare wat die tempelbelasting invorder, na Petrus toe gegaan en gesê: “Wat van julle leermeester? Betaal hy dan nie tempelbelasting nie?”

MATTEUS 17:24 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe hulle in Kapernaum aankom, het diegene wat die dubbeldragme invorder, na •Petrus gekom en gevra: “Betaal julle leermeester nie die dubbeldragme nie?”

MATTEUS 17:24 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En toe hulle in Kapernaum kom, het die wat belastinggeld ontvang het, na Petrus gekom en gesê: Betaal jou heer nie belasting nie?

MATTEUS 17:24 DB (Die Boodskap)

Kort daarna het amptenare wat elke jaar die tempelbelasting insamel by Petrus se huis in Kapernaum opgedaag. “Betaal daardie leermeester van julle ook sy tempelbelasting?” het hulle vir Petrus gevra.

MATTEUS 17:24 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

By hulle aankoms in Kapernaum, het die beamptes wat die tempelbelasting invorder vir Petrus genader met die woorde: “Betaal julle leermeester dan nie die tempelbelasting nie?”