MATTEUS 17:22-23
MATTEUS 17:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus en die dissipels in Galilea saamgekom het, sê Hy vir hulle: “God sal My, die Seun van die mens, vir die mense gee sodat hulle My kan doodmaak. Maar op die derde dag sal God My weer laat lewe.” Die dissipels het toe baie hartseer geword.
MATTEUS 17:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl hulle in Galiléa rondgaan, het Jesus vir hulle gesê: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van die mense; en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy opstaan. En hulle het baie bedroef geword.
MATTEUS 17:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die dissipels weer in Galilea bymekaar was, het Jesus vir hulle gesê: “Die Seun van die mens gaan oorgelewer word in die hande van mense, en hulle sal Hom doodmaak, en op die derde dag sal Hy uit die dood opgewek word.” Hieroor het hulle baie bedroef geword.
MATTEUS 17:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle in Galilea bymekaarkom, sê Jesus vir hulle: “Die •Seun van die Mens gaan oorgelewer word in die hande van mense. Hulle sal Hom doodmaak, maar op die derde dag sal Hy opgewek word. ” En hulle het baie bedroef geword.
MATTEUS 17:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle in Galilea gebly het, sê Jesus vir hulle: Die Seun van die mens sal oorgelewer word in die hande van mense. En hulle sal hom doodmaak, en op die derde dag sal hy opgewek word. En hulle was baie jammer.
MATTEUS 17:22-23 Die Boodskap (DB)
Kort daarna het Jesus se ander volgelinge in Galilea by Hom en sy dissipels aangesluit. Hy sê toe vir hulle: “Weet julle, Ek gaan binnekort in die hande van wrede mense val. Hulle gaan My vermoor. Maar moenie bekommerd wees nie. Ek is sterker as die dood. Op die derde dag sal Ek weer deur God lewendig gemaak word.” Hierdie nuus was ’n groot skok vir hulle.
MATTEUS 17:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Weer terug in Galilea het Jesus vir hulle gesê: “God het bepaal dat die Seun van die Mens oorgegee moet word in die hande van mense. Hulle sal Hom doodmaak, maar God sal Hom op die derde dag weer opwek.” En die dissipels was baie geskok om dit te hoor.