MATTEUS 15:6-7
MATTEUS 15:6-7 Bybel vir almal (ABA)
“So iemand respekteer nie sy pa en sy ma nie. Julle doen nooit wat God vir julle sê nie, julle doen net wat julle voorouers vir julle gesê het. Julle is skynheilig. Dit is waar wat die profeet Jesaja oor julle gesê het. Hy het gesê
MATTEUS 15:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering. Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy gesê het
MATTEUS 15:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
dan hoef hy nie meer sy plig teenoor sy pa na te kom nie.’ So ontneem julle die woord van God sy gesag ter wille van julle oorgelewerde gebruike. Huigelaars! Die profeet Jesaja het julle mooi opgesom toe hy gesê het
MATTEUS 15:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
hoef sy vader hoegenaamd nie te eer nie.’ So het julle deur julle tradisie die woord van God kragteloos gemaak. Skynheiliges, Jesaja het tereg oor julle geprofeteer
MATTEUS 15:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En eer nie sy vader of sy moeder nie, hy sal vry wees. So het julle die gebod van God kragteloos gemaak deur julle oorlewering. Geveinsdes, goed het Jesaja van julle geprofeteer deur te sê
MATTEUS 15:6-7 Die Boodskap (DB)
Daarom kan ek nie langer vir my pa en ma sorg nie. “Weet julle, as julle julle so gou van julle verpligting teenoor julle ouers losmaak, het julle geen respek vir hulle nie. Dan stel julle julle eie godsdienstige tradisies bo God se Woord. Daardeur beroof julle God se Woord van sy krag. Julle is ’n klomp skynheiliges. Jesaja was reg toe hy oor julle geskryf het
MATTEUS 15:5-7 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Julle sê egter: ‘As jy jou bates as ’n offer aan die Here toewy, hoef jy nie meer jou ouers te eer deur hulle te ondersteun nie.’ So trek julle met julle tradisie ’n streep deur die woord van God. Julle skynheiliges! Die profeet Jesaja het julle raak beskryf