MATTEUS 15:28
MATTEUS 15:28 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, jou geloof is groot. Wat jy wil hê, sal gebeur.” En God het die vrou se dogter op daardie oomblik gesond gemaak.
MATTEUS 15:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Toe antwoord Jesus en sê vir haar: O Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil hê. En haar dogter het gesond geword van daardie uur af.
MATTEUS 15:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Mevrou,” sê Jesus vir haar, “jou geloof is groot. Jou wens word vervul.” Van daardie oomblik af was die dogter gesond.
MATTEUS 15:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Jesus haar geantwoord: “O vrou, groot is jou geloof! Laat dit vir jou wees soos jy wil hê. ” En haar dogter was van daardie oomblik af genees.
MATTEUS 15:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe antwoord Jesus en sê vir haar: Vrou, groot is jou geloof; laat dit vir jou wees soos jy wil. En haar dogter is van daardie selfde uur af gesond geword.