MATTEUS 12:7
MATTEUS 12:7 Die Boodskap (DB)
Julle verstaan God nou nog nie as Hy sê: Ek soek mense wat regtig vir ander omgee. Daarin stel Ek belang en nie in allerhande godsdienstige gewoontes nie.
MATTEUS 12:7 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet verstaan wat die woorde beteken: ‘Die Here sê: Ek wil nie offers hê nie, maar Ek wil hê julle moet goed wees vir mense.’ As julle dit verstaan, dan sal julle nie mense beskuldig wat niks verkeerd gedoen het nie
MATTEUS 12:7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar as julle geweet het wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie
MATTEUS 12:7 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle begryp het wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie,’ dan sou julle nie mense wat onskuldig is, veroordeel het nie.
MATTEUS 12:7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle maar net begryp het wat bedoel word met ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie,’ sou julle nie hierdie onskuldige mense veroordeel het nie.
MATTEUS 12:7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar as julle geweet het wat dit beteken, Ek wil barmhartigheid hê en nie offer nie, sou julle die onskuldiges nie veroordeel het nie.