MATTEUS 12:5
MATTEUS 12:5 Bybel vir almal (ABA)
Julle weet ook dat die Wette van Moses sê dat die priesters op die Sabbatdag in die tempel moet werk. Breek hulle dan die wette oor die Sabbatdag? Ja, maar God sê die priesters doen nie verkeerd as hulle op die Sabbatdag werk nie.
MATTEUS 12:5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters op die sabbat in die tempel die sabbat ontheilig en onskuldig is nie?
MATTEUS 12:5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Of het julle nie in die wet van Moses gelees dat die priesters op die sabbatdag in die tempel diens moet doen nie? Hulle oortree dus die sabbatsgebod, en tog is hulle nie skuldig nie.
MATTEUS 12:5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Of het julle nie in die Wet gelees dat die priesters die Sabbat ontheilig wanneer hulle op die Sabbat in die •tempel diens doen, maar tog onskuldig bly nie?
MATTEUS 12:5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Of het julle nie in die wet gelees dat die priesters in die tempel op die sabbat die sabbat ontheilig en onberispelik is nie?
MATTEUS 12:5 Die Boodskap (DB)
“Nog ’n vraag: Het julle ook nog nie in die Bybel gelees dat priesters op die sabbat in die tempel moet werk nie? Wat beteken dit? Ja, natuurlik, hulle is verplig om op die sabbat te werk. Maak dit nou sondaars van hulle? Tog sekerlik nie! En wat leer dit ons? Daar kom situasies waarin skynbaar belangrike wette ter wille van nog belangriker sake verslap kan word. “Maar hoe moet ons nou weet wanneer die een saak ‘belangriker’ as die ander is? Laat Ek vir julle sê.