MATTEUS 12:43-45
MATTEUS 12:43-45 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens uitgaan, dan gaan hy deur plekke waar daar nie water is nie en hy soek 'n plek waar hy kan woon. As hy nie 'n plek kry waar hy kan woon nie, dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my eerste huis, na die mens toe in wie ek gewoon het.’ Dan kom die onrein gees terug na daardie mens toe, en hy sien daardie mens is soos 'n huis wat leeg en skoon en netjies is. Dan gaan haal hy sewe ander geeste wat nog slegter is as hy. Hulle kom almal saam met hom, en hulle gaan woon in daardie mens. Wanneer dit gebeur, dan is daardie mens nog slegter as wat hy was. Dit sal gebeur met die slegte mense wat nou lewe.”
MATTEUS 12:43-45 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En wanneer die onreine gees uit die mens uitgegaan het, gaan hy deur waterlose plekke en soek rus en vind dit nie. Dan sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het. En hy kom en vind dit leeg, uitgeveeg en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hy self met hom saam, en hulle kom in en woon daar; en die laaste van daardie mens word erger as die eerste. Só sal dit ook wees met hierdie bose geslag.
MATTEUS 12:43-45 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Wanneer 'n onrein gees uit 'n mens weggaan, swerf hy deur dor streke op soek na 'n rusplek. As hy dit nie kry nie, sê hy: ‘Ek gaan terug na my huis waaruit ek weggegaan het.’ Hy kom dan terug en kry dit onbewoon, skoon en aan die kant. Dan gaan haal hy sewe ander geeste, nog slegter as hy self, en hulle trek saam met hom in en gaan woon daar. Aan die einde is so 'n mens slegter daaraan toe as aan die begin. So sal dit ook gaan met die slegte mense van vandag.”
MATTEUS 12:43-45 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Wanneer 'n •onrein gees 'n mens verlaat, swerf hy deur waterlose streke op soek na rus, maar kry dit nie. Dan sê hy, ‘Ek sal terugkeer na my huis wat ek verlaat het.’ En by sy terugkeer kry hy dit onbewoon, uitgevee en aan die kant gemaak. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste saam met hom, slegter as hyself, trek in en woon daar. Die uiteinde van daardie mens is erger as sy begin. So sal dit ook gaan met hierdie bose geslag.”
MATTEUS 12:43-45 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Wanneer die onreine gees uit 'n mens uitgegaan het, loop hy deur droë plekke en soek rus en kry niks nie. Toe sê hy: Ek sal teruggaan na my huis waar ek uitgegaan het; en as hy kom, vind hy dit leeg, uitgevee en versier. Dan gaan hy en neem sewe ander geeste slegter as hyself saam, en hulle gaan in en woon daar; en die laaste toestand van daardie man is erger as die eerste. So sal dit ook wees met hierdie goddelose geslag.
MATTEUS 12:43-45 Die Boodskap (DB)
“Maar Ek kan dit in ’n sekere sin verstaan. Julle weet, as ’n onrein gees uit ’n mens verwilder word, soek hy ’n ander plek waar hy kan bly. As hy nie so ’n plek kry nie, sê hy vir homself: ‘Ek is moeg gesoek. Ek gaan kyk wat van die plek geword het waar ek eers gebly het.’ Daar gekom, vind hy die plek dolleeg, mooi skoon en reg. Daarna gaan haal hy sommer nog ’n klomp ander bose geeste wat ook plek soek. Hulle is nog slegter as hy. Die hele bende van hulle bly dan sommer in die een huis. Sowaar, vir so ’n mens sou dit baie beter gewees het as hy nie die eerste keer uit die mag van die bose gees bevry is nie. Hy moes God maar liewer in sy lewe toegelaat het toe hy die kans gehad het. Dit is ’n les wat die slegte mense onder julle nog nie geleer het nie.”
MATTEUS 12:43-45 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Wanneer ’n onrein gees uit ’n mens gaan, swerf hy deur dor plekke op soek na ’n rusplek, maar hy kry dit nie. Dan sê hy: ‘Ek sal teruggaan na my vorige blyplek.’ Wanneer hy gaan, kry hy dit onbewoon, uitgevee en netjies aan die kant. Daarna gaan neem hy sewe ander geeste, slegter as hyself, saam met hom en trek in daardie persoon in. Uiteindelik sal dit met daardie mens baie slegter gaan as aan die begin. “Dieselfde sal gebeur met die slegte mense van vandag.”