MATTEUS 12:35-36
MATTEUS 12:35-36 Bybel vir almal (ABA)
'n Goeie mens het 'n klomp goeie dinge in sy hart, daarom praat hy altyd goeie en mooi woorde. 'n Slegte mens het 'n klomp slegte dinge in sy hart, daarom praat hy altyd slegte dinge. Maar Ek sê vir julle, die dag wanneer God die mense sal oordeel, sal elke mens vir God moet antwoord oor alles wat hy gesê het wat nie reg is nie.
MATTEUS 12:35-36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Die goeie mens bring uit die goeie skat van sy hart goeie dinge te voorskyn, en die slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense praat, daarvan moet hulle rekenskap gee in die oordeelsdag.
MATTEUS 12:35-36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart; die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge in sy hart. “Dit sê Ek vir julle: Van elke ligsinnige woord wat die mense sê, sal hulle rekenskap moet gee op die oordeelsdag.
MATTEUS 12:35-36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die goeie mens bring uit die goeie skatkamer goeie dinge na vore, en die slegte mens bring uit die slegte skatkamer slegte dinge na vore. Ek sê vir julle, van elke onbesonne woord wat mense kwytraak, sal hulle op die dag van oordeel rekenskap moet gee.
MATTEUS 12:35-36 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Goeie mens bring uit die goeie skat van die hart goeie dinge te voorskyn, en 'n slegte mens bring uit die slegte skat slegte dinge te voorskyn. Maar Ek sê vir julle dat van elke ydele woord wat die mense spreek, daarvan sal hulle rekenskap gee op die oordeelsdag.
MATTEUS 12:35-36 Die Boodskap (DB)
As jy luister na wat iemand sê, sal jy agterkom of sy gesindheid reg is en hy van ‘binne’ skoon is. Juis daarom sê Ek vir julle: mense wat sommer allerhande lelike dinge van ander sê, sal met die finale oordeel hulle woorde voor God moet gaan verduidelik. Wat jy sê, is dus verskriklik belangrik.
MATTEUS 12:35-36 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
’n Goeie mens bring uit die oorvloed goeie dinge in sy hart goeie dinge te voorskyn en ’n slegte mens bring uit die oorvloed slegte dinge in sy hart die slegte te voorskyn. Dít verseker Ek julle, julle sal op die oordeelsdag rekenskap moet gee van elke onverskillige woord wat julle sê.