MATTEUS 12:22 – Vergelyk alle weergawes
MATTEUS 12:22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Hulle het toe 'n man wat in die mag van 'n bose gees was, na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Jesus het sy gebrek genees, sodat hy weer kon praat en sien.
MATTEUS 12:22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
TOE het hulle 'n duiwelbesetene wat blind en stom was, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde en stomme kon praat en sien.
MATTEUS 12:22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Hulle het ’n man na Hom toe gebring in wie daar ’n bose gees was. Die man was blind én stom. Jesus het hom gesond gemaak sodat hy kon sien en ook kon praat.
MATTEUS 12:22 DB (Die Boodskap)
Toe bring hulle ’n man na Hom toe wat so in die vernietigende mag van die duiwel was dat hy nie eens kon sien of praat nie. Die duiwel was egter nie teen Jesus opgewasse nie. Jesus het die man gesond gemaak. Daarna kon hy weer normaal praat en sien wat om hom aangaan.
MATTEUS 12:22 ABA (Bybel vir almal)
Die mense het 'n man na Jesus toe gebring. Die man was blind en stom. Hy het 'n duiwel in hom gehad. Jesus het die man gesond gemaak, en die man kon weer praat en sien.
MATTEUS 12:22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe is iemand wat deur 'n demoon besete, en blind en stom was, na Jesus gebring, en Hy het hom gesond gemaak, sodat die stomme kon praat en sien.
MATTEUS 12:22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Toe is 'n duiwelsbesete, blind en stom, na Hom gebring; en Hy het hom gesond gemaak, sodat die blinde sowel as die stomme gepraat en gesien het.