MATTEUS 12:2 - Compare All Versions

MATTEUS 12:2 ABA (Bybel vir almal)

Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Jesus: “Kyk, jou dissipels doen iets wat 'n mens nie op die Sabbatdag mag doen nie.”

MATTEUS 12:2 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbat te doen nie.

MATTEUS 12:2 AFR83 (Afrikaans 1983)

Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk daar! U dissipels doen iets wat op die sabbatdag nie gedoen mag word nie.”

MATTEUS 12:2 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Toe die •Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk, u dissipels doen iets wat op die Sabbat nie toelaatbaar is nie. ”

MATTEUS 12:2 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: Kyk, u dissipels doen wat nie geoorloof is om op die sabbatdag te doen nie.

MATTEUS 12:2 DB (Die Boodskap)

Die Fariseërs het hulle natuurlik soos valke dopgehou en was dadelik by: “Wat gaan hier aan? Kyk net hoe breek jou dissipels ons godsdienstige reëls. Julle weet mos ’n mens mag nie kos op die sabbat bymekaarmaak nie!”

MATTEUS 12:2 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir Hom: “Kyk wat doen jou dissipels. Dis teen die wet om sulke werk op die Sabbat te doen.”