MATTEUS 12:1 - Compare All Versions

MATTEUS 12:1 ABA (Bybel vir almal)

In daardie tyd het Jesus en sy dissipels op 'n Sabbatdag deur 'n koringland geloop. Sy dissipels het honger geword en hulle het begin om koring-are te pluk en die koringkorrels te eet.

MATTEUS 12:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

IN daardie tyd het Jesus op die sabbat deur die gesaaides geloop, en sy dissipels het honger geword en are begin pluk en eet.

MATTEUS 12:1 AFR83 (Afrikaans 1983)

In dié tyd het Jesus op 'n sabbatdag deur gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword en are begin pluk en van die koring geëet.

MATTEUS 12:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

In daardie tyd het Jesus op die Sabbat deur die gesaaides geloop. Sy dissipels het honger geword, en begin om die are te pluk en te eet.

MATTEUS 12:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

In daardie tyd het Jesus op die sabbatdag deur die koring gegaan; en sy dissipels was honger en het begin om are af te pluk en te eet.

MATTEUS 12:1 DB (Die Boodskap)

Een sabbat stap Jesus en sy dissipels op ’n voetpaadjie deur ’n koringland. Sy dissipels begin toe honger voel en pluk koringare af en begin daaraan peusel.

MATTEUS 12:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

In dié tyd het Jesus op ’n Sabbatdag deur koringlande geloop. Sy dissipels het honger geword en begin om are te pluk en van die koring te eet.