MALEAGI 4:6
MALEAGI 4:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En hy sal die hart van die vaders terugbring tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie hoef te kom en die land met die banvloek tref nie.
MALEAGI 4:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Elia sal vaders en kinders met mekaar versoen sodat Ek nie hoef te kom en die land heeltemal vernietig nie.
MALEAGI 4:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Hy sal ouers met hulle kinders versoen en kinders met hulle ouers. As dit nie gebeur nie, sal Ek die land tref met vernietiging.”
MALEAGI 4:6 Bybel vir almal (ABA)
Elia sal die pa's en hulle kinders weer bymekaar bring. Hulle sal weer lief wees vir mekaar. As dit nie gebeur nie, dan sal Ek kom om die mense op die aarde te straf.”
MALEAGI 4:6 Die Boodskap (DB)
Deur sy preke sal verhoudings tussen mense weer regkom. Veral die verhouding tussen ouers en hulle kinders sal weer herstel word sodat dit nie vir My nodig sal wees om die land te kom verwoes omdat die mense mekaar nie liefhet soos Ek hulle liefhet nie. Nuwe Testament