MALEAGI 3:8-9 - Compare All Versions
MALEAGI 3:8-9 ABA (Bybel vir almal)
Die Here vra vir julle: “Mag 'n mens iets van God steel? Julle steel van My, maar julle vra: ‘Hoe het ons van U gesteel?’ Julle steel wanneer julle nie al die tiendes en die presente bring wat julle moet gee nie. Ek het opgehou om julle te seën, maar julle hou aan om van My te steel. Al die Israeliete doen dit.”
MALEAGI 3:8-9 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe. Met die vloek is julle belaai, en tog beroof julle My, julle, die hele nasie!
MALEAGI 3:8-9 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes. Daar rus alreeds 'n vloek op julle en tog bly julle My beroof; die hele nasie doen dit.
MALEAGI 3:8-9 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Mag 'n mens God besteel? Maar julle besteel My! En dan vra julle nog, ‘Hoe besteel ons U?’ Van tiendes en •wydingsgeskenke! Daar rus 'n vloek op julle, maar vir My bly julle beroof, julle hele nasie.
MALEAGI 3:8-9 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Sal 'n man God beroof? Tog het julle my beroof. Maar julle sê: Waarin het ons U beroof? In tiendes en offergawes. Vervloek is julle met 'n vloek, want julle het My beroof, ja, hierdie hele nasie.
MALEAGI 3:8-9 DB (Die Boodskap)
Sê nou vir My: Is dit reg om van God te steel? Natuurlik nie, maar tog steel julle van My! Moet nou nie so verbaas lyk en vra: “Wanneer het ons van U gesteel?” nie. Waar is die tiendes en die dankoffers wat julle moet bring sodat die gemeente die mense wat dit nodig het, daarmee kan versorg? Dit is die rede waarom dit so swaar gaan met julle, want die hele volk is besig om van My te steel.
MALEAGI 3:8-9 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
“Sal mense God ooit besteel? Tog het julle My bedrieg! Julle vra: ‘Wat bedoel U? Wanneer het ons U ooit bedrieg?’ Julle het die tiendes en offerandes gesteel! Daar rus ’n vloek op julle, want julle hele volk besteel My.”