MALEAGI 3:8
MALEAGI 3:8 Bybel vir almal (ABA)
Die Here vra vir julle: “Mag 'n mens iets van God steel? Julle steel van My, maar julle vra: ‘Hoe het ons van U gesteel?’ Julle steel wanneer julle nie al die tiendes en die presente bring wat julle moet gee nie.
MALEAGI 3:8 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Mag 'n mens God beroof? Want julle beroof My, en julle sê: Waarin het ons U beroof? In die tiendes en die offergawe.
MALEAGI 3:8 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sal 'n mens werklik vir God beroof? Tog beroof julle My. Julle vra: “Waarvan beroof ons U?” Van tiendes en offergawes.
MALEAGI 3:8 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Mag 'n mens God besteel? Maar julle besteel My! En dan vra julle nog, ‘Hoe besteel ons U?’ Van tiendes en •wydingsgeskenke!
MALEAGI 3:8 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Sal 'n man God beroof? Tog het julle my beroof. Maar julle sê: Waarin het ons U beroof? In tiendes en offergawes.
MALEAGI 3:8 Die Boodskap (DB)
Sê nou vir My: Is dit reg om van God te steel? Natuurlik nie, maar tog steel julle van My! Moet nou nie so verbaas lyk en vra: “Wanneer het ons van U gesteel?” nie. Waar is die tiendes en die dankoffers wat julle moet bring sodat die gemeente die mense wat dit nodig het, daarmee kan versorg?