MALEAGI 3:3
MALEAGI 3:3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here sal die Leviete straf oor hulle sonde en Hy sal hulle skoonmaak soos iemand wat goud of silwer smelt en dit skoonmaak. Die Here sal vir hulle leer om vir Hom offers te bring soos Hy dit wil hê.
MALEAGI 3:3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.
MALEAGI 3:3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer, om hulle te louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here 'n offer kan bring wat bestaan uit regdoen.
MALEAGI 3:3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy sal gaan sit as iemand wat silwer smelt en suiwer. Hy sal die Leviete reinig en hulle soos goud en silwer suiwer. Hulle sal aan die HERE behoort, en offers in geregtigheid bring.
MALEAGI 3:3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy moet sit as 'n smelter en reiniger van silwer, en hy moet die seuns van Levi reinig en hulle reinig soos goud en silwer, dat hulle aan die HERE 'n offer in geregtigheid kan bring.
MALEAGI 3:3 Die Boodskap (DB)
Iemand wat silwer smelt, weet daar is vuilgoed in die silwer. As hy dit warm genoeg maak, dryf die vuilgoed naderhand bo-op. Al wat hy dan hoef te doen om die silwer skoon te kry, is om die vuilgoed af te skep en weg te gooi. Dit is wat hy met die priesters gaan kom doen. Hy gaan die verkeerde goed wat hulle doen, skoonmaak sodat hulle weer die regte soort offers vir die Here kan bring.