MALEAGI 3:2-3
MALEAGI 3:2-3 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer die Here kom, dan sal niemand kan aanhou lewe nie. Hy is soos die vuur waarin hulle die klip smelt om goud en silwer te kry. Hy is soos die seep wat klere skoonmaak. Die Here sal die Leviete straf oor hulle sonde en Hy sal hulle skoonmaak soos iemand wat goud of silwer smelt en dit skoonmaak. Die Here sal vir hulle leer om vir Hom offers te bring soos Hy dit wil hê.
MALEAGI 3:2-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers. En Hy sal sit: 'n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid 'n offer sal bring.
MALEAGI 3:2-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wie kan die koms van dié Engel verdra, wie kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy is soos die vuur van die smelters en soos die seep van die wassers. Soos iemand wat silwer smelt en suiwer, so sal Hy as regter gaan sit om die Leviete te suiwer, om hulle te louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here 'n offer kan bring wat bestaan uit regdoen.
MALEAGI 3:2-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie kan die dag van sy koms verduur, wie kan staande bly wanneer hy verskyn? Ja, daardie dag is soos die vuur van die smelter en soos die loog van wassers. Hy sal gaan sit as iemand wat silwer smelt en suiwer. Hy sal die Leviete reinig en hulle soos goud en silwer suiwer. Hulle sal aan die HERE behoort, en offers in geregtigheid bring.
MALEAGI 3:2-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wie kan die dag van sy koms uithou? en wie sal bestaan as Hy verskyn? want hy is soos 'n smelter se vuur en soos seep van volmakers. En hy moet sit as 'n smelter en reiniger van silwer, en hy moet die seuns van Levi reinig en hulle reinig soos goud en silwer, dat hulle aan die HERE 'n offer in geregtigheid kan bring.
MALEAGI 3:2-3 Die Boodskap (DB)
Ek is net nie so seker dat julle weet wat op julle wag nie. Want wanneer dié dag kom, gaan dit ’n verskriklike dag wees. Hy sal julle laat dink aan ’n witwarm vuuroond waarin hulle yster smelt of aan die sterkste seep waarmee jy baie vuil klere moet was. Iemand wat silwer smelt, weet daar is vuilgoed in die silwer. As hy dit warm genoeg maak, dryf die vuilgoed naderhand bo-op. Al wat hy dan hoef te doen om die silwer skoon te kry, is om die vuilgoed af te skep en weg te gooi. Dit is wat hy met die priesters gaan kom doen. Hy gaan die verkeerde goed wat hulle doen, skoonmaak sodat hulle weer die regte soort offers vir die Here kan bring.
MALEAGI 3:2-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar wie sal die dag van sy koms kan deurstaan? Wie sal kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy sal wees soos vuur wat metaal suiwer of soos seep wat klere spierwit was. Hy sal gaan sit en oordeel soos iemand wat silwer smelt en suiwer maak. Hy sal die Leviete suiwer en hulle soos goud en silwer louter. Dan sal hulle weer vir die HERE aanvaarbare offers bring.