MALEAGI 3:2
MALEAGI 3:2 Bybel vir almal (ABA)
Maar wanneer die Here kom, dan sal niemand kan aanhou lewe nie. Hy is soos die vuur waarin hulle die klip smelt om goud en silwer te kry. Hy is soos die seep wat klere skoonmaak.
MALEAGI 3:2 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers.
MALEAGI 3:2 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar wie kan die koms van dié Engel verdra, wie kan standhou wanneer Hy verskyn? Hy is soos die vuur van die smelters en soos die seep van die wassers.
MALEAGI 3:2 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Wie kan die dag van sy koms verduur, wie kan staande bly wanneer hy verskyn? Ja, daardie dag is soos die vuur van die smelter en soos die loog van wassers.
MALEAGI 3:2 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar wie kan die dag van sy koms uithou? en wie sal bestaan as Hy verskyn? want hy is soos 'n smelter se vuur en soos seep van volmakers.
MALEAGI 3:2 Die Boodskap (DB)
Ek is net nie so seker dat julle weet wat op julle wag nie. Want wanneer dié dag kom, gaan dit ’n verskriklike dag wees. Hy sal julle laat dink aan ’n witwarm vuuroond waarin hulle yster smelt of aan die sterkste seep waarmee jy baie vuil klere moet was.