YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

MALEAGI 3:15

MALEAGI 3:15 Bybel vir almal (ABA)

Nou dink ons die hoogmoedige mense is gelukkig, ons dink dit gaan goed met die mense wat verkeerd doen. Hulle is opstandig teen God en God straf hulle nie.’ ”

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En nou prys ons die vermeteles gelukkig; nie alleen word die wat goddeloosheid bedrywe, gebou nie, maar hulle versoek God en raak vry!

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:15 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dit lyk vir ons of dié wat teen Hom in opstand is, die gelukkiges is, en of dié wat verkeerd doen, vooruitgaan. Hulle daag God uit en kom vry!”

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

Daarom noem ons nou die verwaande mense gelukkig, want die kwaaddoeners beleef nie net voorspoed nie, maar hulle daag God uit en kom nog daarmee weg ook.’ ”

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En nou noem ons die hoogmoediges gelukkig; ja, die wat goddeloosheid werk, is opgerig; ja, die wat God versoek, word selfs verlos.

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:15 Die Boodskap (DB)

Wat ons betref, is die gelukkigste mense dié wat selfsugtig is. Kyk hoe goed gaan dit met die slegte mense. Asof dit nie genoeg is nie, doen hulle net wat hulle wil en God doen niks aan hulle nie.”

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Kwaaddoeners word ryk, en mense wat God uitdaag, kom skotvry daarvan af. Daarom sal ons voortaan sê: Verwaande mense is gelukkig.’”

Deel
Lees MALEAGI 3
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's