YouVersion embleem
BybelLeesplanneVideo's
Kry die toep
Taalkieser
Soek-ikoon

MALEAGI 3:12

MALEAGI 3:12 Bybel vir almal (ABA)

“Al die volke sal dink dat julle gelukkige mense is, want julle sal 'n wonderlike land hê. Die ander mense sal graag julle land wil hê.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:12 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)

En al die nasies sal julle gelukkig prys, omdat julle die land van welbehae sal wees, sê die HERE van die leërskare.

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:12 Afrikaans 1983 (AFR83)

Dan sal al die nasies julle as gelukkige mense beskou; julle sal in 'n begeerlike land woon, sê die Here die Almagtige.

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:12 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)

“En al die nasies sal julle gelukkig noem, omdat julle 'n begeerlike land sal wees,” sê die HERE, Heerser oor alle magte.

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:12 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)

En al die nasies sal julle geseënd noem, want julle sal 'n lieflike land wees, spreek die HERE van die leërskare.

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:12 Die Boodskap (DB)

Julle land sal so ’n wonderlike plek wees dat die mense van die ander lande sal sê: “Kyk hoe seën die Here hulle.”

Deel
Lees MALEAGI 3

MALEAGI 3:12 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)

Dan sal al die nasies julle as geseënd beskou omdat julle land begeerlik is.” Dit is wat die HERE, die Almagtige, sê.

Deel
Lees MALEAGI 3
YouVersion

Moedig jou aan en daag jou uit om elke dag intimiteit met God op te soek.

Bediening

Iets oor ons

Loopbane

Vrywilliger

Webjoernaal

Media

Nuttige skakels

Hulp

Skenk

Bybelweergawes

Klankbybels

Bybeltale

Vers-van-die-dag


'n Digitale bediening van

Life.Church
English (US)

©2025 Life.Church / YouVersion

PrivaatheidsbeleidVoorwaardes
Program vir die openbaarmaking van kwesbaarheid
FacebookTwitterInstagramYouTubePinterest

Tuisblad

Bybel

Leesplanne

Video's